6:57
F
FarmspaceLot 3 | BH 20-33 is beskikbaar op Black Hills se eerste Produksie veiling op 27 September 2023
LOT 3 | BH 20-33 - SUPER IV is beskikbaar op Black Hills se eerste produksie veiling op 27 September in Standerton. Hy is ‘n breë, gladde haar bul met baie kapasiteit en goeie balans, vleis eienskappe en lengte. Hy is geteel uit 'n besonderse vrugbare moeder lyn. Sy ma het ‘n TKP van 367/9 en sy oumas het TKP’s van 380/6 en 389/8. Hy is tans ‘n kuddevaar by Black Hills Cattle Breeders / Beestelers. Sy ma, BH 11-125, speen oor haar leeftyd 'n gemiddeld van 13% meer as haar tydgenote. Die drie generasie vroulike voorgeslag van die bul het 43 keer gekalf en al 43 kalwers gespeen! In die video bespreek Tinus Havinga en Pikkie Uys die bul. #BlackHillsCattleBreeders #Drakensbergers #Veiling #Farmspace #OnsPraatBoer











