7:53
F
FarmspaceTinus en Pikkie gesels oor Lot 9, BH19-63, wat op veiling is 27 September
Black Hills Cattle Breeders / Beestelers hou 27 September hulle eerste produksie veiling in Standerton. Lot 9, BH19-63, is een van die bulle op aanbod. Hy het uitstekende lengte en breedte reg deur met besonderse lengte van sy jeup na sy sitbeen. Die bul het goeie sekondere manlike eienskappe veral sy nek, skof en skouer ontwikkeling met wakker oë en sterk oogbanke. In die video gesels Tinus Havinga met Pikkie Uys oor die kuddevaar. #BlackHillsCattleBreeders #Drakensbergers #ProduksieVeiling #Farmspace #OnsPraatBoer











