2:15
F
FarmspaceDie Bosveld Boerbok Klub het hulle 2de veiling vir die jaar gehou by Fire and Wine in Pretoria.
Die Bosveldboerbokklub het hulle 2de veiling vir die jaar gehou by Fire and Wine Venue in Pretoria. Die dag was n baie groot sukses en n baie lekker dag vir teelers, kopers en toeskouers gewees! Duurste Lotte: Boerbok ram: Salmon van Huyssteen het lot 4 aan PJ Moller van Ceres, Weskaap verkoop vir R 25 000.00. Boerbok ooi: Salmon het twee ooie aan Patrick Malope verkoop. Lot 23 vir R 65 000.00 en lot 56 vir R 75 000.00. Kalahari red ooi: Jenny Kalahari Reds het lot 68 aan Greg en Lindie Dos Santos, van Krokodilnest Kalahari Reds verkoop, vir R 50 000.00. Kalahari Red ram: BLG Kalahari Reds het hulle ram vir R 8 000.00 aan CVS, Corne Van Staden verkoop.











