Thubatech PIDS: Die Onsigbare Sekuriteit vir Plase en Reservate
6 min read|
⏳ 5-6 min - Estimated read time Watch the video


Watch the video here!
Thubatech PIDS: Die Onsigbare Sekuriteit vir Plase en Reservate
Perimeter Intrusion Detection System (PIDS) gebaseer op Distributed Acoustic Sensing (DAS) gee jou regstreekse/”live” grens beskerming oor lang afstande – sonder sensors, kameras of elektronika in die veld.
Thubatech het ‘n reeks stelsels wat van 3km tot en met 100 km, se grens kan monitor met slegs ’n enkele optiese vesel kabel ”fiber-cable” en bedreigings lokaliseer tot binne ongeveer 10 meter.
Dis stil. Dis slim. Dis onsigbaar.

Waarom perimeter-sekuriteit nou ’n boerdery-kwessie is
In Suid-Afrika is grens veiligheid nie meer iets wat net groot wildreservate of ‘n nywerheidsperseel raak nie. Elke boerdery met uitgestrekte grense sit vandag met dieselfde druk: veediefstal, stropery, geknipte heinings, sabotasie, onwettige toegang en infrastruktuur diefstal. Hoe groter die grens, hoe moeiliker word dit om dit effektief te patrolleer of met tradisionele tegnologie te beveilig.
Die uitdaging is dat die meeste bestaande stelsels óf te duur is oor lang afstande, óf te veel vals alarms gee, óf afhanklik is van elektroniese toerusting in die veld is, wat gesteel of beskadig kan word.
Wat is Thubatech se PIDS-oplossing?
Thubatech se PIDS is ’n gevorderde grens-opsporings stelsel wat die grens self omskep in ’n sensor. In plaas daarvan om honderde sensors langs ’n draad te installeer, gebruik die stelsel ’n optiese veselkabels wat langs die grens gelê word. Hierdie vesel “luister” na vibrasies en kan presies bepaal waar en watter tipe aktiwiteit plaasvind.
Dit beteken jou grens word nie net bewaak nie — dit word intelligent gemonitor met “real-time” waarskuwings, klassifikasie en presiese lokalisering.

Wie is Thubatech?
Thubatech is ’n Suid-Afrikaanse tegnologie maatskappy wat fokus op die gebruik van gevorderde sensors asook die moniteringstelsels vir sekuriteit en kritieke infrastruktuur. Hulle spesialiseer in oplossings wat die “onsigbare” meetbaar maak — soos vibrasie, bewegings en veranderinge wat nie met die oog sigbaar is nie, maar wat direk verband hou met risiko en veiligheid.
Wat Thubatech onderskei, is dat hulle nie net tegnologie voorsien nie, maar dit in die praktyk laat werk in Suid-Afrikaanse omstandighede. Hulle verstaan groot afstande, rowwe terrein, hoë misdaad-risiko en die behoefte aan ’n stelsel wat betroubaar bly sonder konstante veld-instandhouding.
Met Thubatech kry jy nie net ’n produk nie — jy kry ’n vennoot wat kan ontwerp, installeer, integreer asook om jou te ondersteun om hierdie stelsel optimaal te laat presteer.
Hoe werk DAS (Distributed Acoustic Sensing)?
Die tegnologie gebruik ’n standaard enkel modus optiese vesel-telekommunikasie kabel (ITU G652, G654, G655). ’n Interrogator Unit stuur laser pulse deur die vesel en meet die terug verstrooide lig (Rayleigh backscatter). Wanneer ’n persoon loop, ’n voertuig ry of iemand begin die grens benader, verander die vibrasie in die lig patroon van die vesel.
Daardie verandering word onmiddellik deur die stelsel gelees, ontleed en geklassifiseer met behulp van seinverwerking, masjienleer en KI.
Die resultaat is ’n stelsel wat jou grens “hoor” en “voel” – in “real-time”, oor kilometers.
Wat jy in die beheerkamer sien (en hoekom dit saak maak)
Een van die grootste verskille van Thubatech se PIDS is dat jy nie net ’n alarm kry nie — jy kry konteks. Die platform wys die presiese ligging op ’n kaart, die tipe aktiwiteit, en die tydstempel. Dit maak dit moontlik om vinnig te besluit: is dit ’n werklike bedreiging, waar presies is dit, en hoe moet ons reageer?
In plaas daarvan om ure later die skade te ontdek, nou kan jou span binne minute reageer terwyl die insident nog aan die gang is.

Klassifikasie: van “iets het gebeur” na “ons weet wat dit is”
Tradisionele sekuriteitstelsels sukkel om tussen wind, diere en werklike indringers te onderskei. Dit is waar Thubatech se PIDS ’n massiewe voordeel bied.
Die stelsel kan aktiwiteite klassifiseer en onderskei tussen verskillende bedreigings, insluitend mense, voertuie en diere. Hierdie klassifikasie verminder vals alarms drasties en verhoog die betroubaarheid van jou reaksie-span.
Dit beteken minder onnodige uitry, minder wagtyd, en meer fokus op werklike risiko’s.

Groot afstande, minimale instandhouding
Thubatech se PIDS is ontwerp vir groot grense en moeilike omstandighede. Waar ander stelsels honderde sensors benodig, vereis hierdie tegnologie slegs ’n vesel kabel en ’n Interrogator Unit.
Daar is geen elektroniese toerusting in die veld wat gesteel of beskadig kan word nie. Die vesel self is passief, robuus en geskik vir langtermyn-gebruik. Die stelsel se “Mean Time Between Failure (MTBF)” is ongeveer vir 25 jaar geskik, wat dit een van die mees volhoubare grens-oplossings in die mark maak.
Vir boerderye en reservate beteken dit gerief: minder onderhoud, minder breekpunte en meer konsekwente sekuriteit.
Integrasie: werk saam met jou bestaande sekuriteit
Thubatech se PIDS is nie bedoel om alles te vervang nie — dit is bedoel om jou sekuriteit slimmer te maak. Die stelsel kan maklik integreer met bestaande platforms soos CCTV, VMS, PSIM, SCADA en beheerkamer-stelsels.
Waarskuwings kan ook via SMS of e-pos uitgestuur word, en die data kan in jou bestaande sekuriteit-infrastruktuur ingeskakel word. Dit beteken jou grens word deel van ’n groter sekuriteitsoplossing, eerder as ’n afsonderlike “stelsel” wat apart bestuur moet word.

Waar werk hierdie oplossing die beste?
Hierdie tegnologie is ideaal vir:
Plase met groot grense waar patrollies nie konstant moontlik is nie. Wildreservate en jagplase waar stropery ’n ernstige risiko is. Grensplase en afgeleë gebiede waar reaksietyd krities is. Pompstasies, waterlyne en infrastruktuur roetes wat oor kilometers strek. Asook landbou-onderneming waar grensbeheer die verskil tussen verliese en volhoubaarheid is.
Die resultaat: proaktiewe sekuriteit en gemoedsrus
Thubatech se DAS-PIDS bring ’n stil, intelligente en presiese sekuriteit na jou plaas of reservaat toe. Dit beteken vinniger reaksietye, beter bewustheid, minder vals alarms en beter beheer oor jou grense.
Dit is nie net sekuriteit nie. Dit is 'n operasionele voordeel.
Wil jy weet hoe DAS-PIDS op jou plaas of reservaat sal werk?
Kontak Thubatech vir ’n demonstrasie of enige navrae.
- Email: info@thubatech.com
- Kontak Nommer: Gerrit du Plessis (B.Eng): 083 964 2193 of Bert Ubbink: 082 605 8519
- Web: www.thubatech.com










