Union Engineering se Hoë-Frekwensie Skerms: Hoë Kapasiteit en Maksimum Effektiwiteit vir Moderne Boerdery
⏳ 7-8 min - Estimated read time Watch the video

⏳ 7-8 min - Estimated read time

Watch the video here!
In die hedendaagse landbousektor is die verwerking van graan nie net ’n stap in die waardeketting nie — dit is een van die mees kritieke aspekte wat klem lê op kwaliteit, markwaarde, winsgewendheid en logistieke effektiwiteit. Hierdie realiteit beteken dat boere, silo-operateurs en verwerkers gereed moet wees om groot volumes te hanteer terwyl hulle ‘n hoë standaarde van skoonheid en graderings moet handhaaf. Union Engineering, het dekades se ervaring in ingenieursontwerpe en vervaardiging. Hulle het ’n groot fokus op hoëfrekwensie-skerms (High Frequency Screens) wat presies hierdie uitdagings aanspreek.
Hoe werk ’n hoë-frekwensie graanskerm eintlik?
Hoë-frekwensie skerms werk deur vibrasie van baie hoë spoed direk op die skerms en vibreer — tipies tussen ongeveer 3 000 en 6 000 omwentelings per minuut (RPM). Hierdie hoë vibrasie-frekwensie gee energie aan die materiaal bo-op die skerm, wat veroorsaak dat deeltjies effektief en vinnig deur die skerm beweeg en skei volgens grootte. Die proses staan bekend as stratifikasie, stratifikasie is ’n proses waar die fyn deeltjies na die oppervlak toe beweeg en die groter deeltjies klaar bo bly, sodat die fyn deeltjies deur die skerm kan val. Hierdie metode van gespesialiseerde vibrasie laat jou toe om materiaal akkuraat te skei in twee of meer grootte-fraksies, gebaseer op die desbetreffende opening in die draad-skerm. In praktyk beteken dit dat jy in staat is om materiale te skei van groot groottes tot fyn fraksies – met sifting moontlik so fyn soos 75 µm tot 20 mm of meer, afhangend van die toepassing en skerm konfigurasie.
As die graan oor die skerm beweeg, val die kleiner deeltjies af in ’n opvangbak, terwyl die groter deeltjies voortbeweeg na ’n afvoer punt, wat help om hoë-kwaliteit skoon graan te lewer wat gereed is vir die mark of berging.
Wat hierdie ontwerp nog meer doeltreffend maak, is die vermoë om verstelbare hoeke en maklik verwisselbare draad-skerm panele te gebruik. Die invalshoek aanpassing help om die vloei van graan oor die skerm te beheer; ’n steiler hoek verhoog spoed vir grootskaalse vloei, terwyl ’n effens platter hoek die skeiding van fyn deeltjies verbeter. Die uitruilbare draad-skerm panele met verskillende opening groottes gee boonop vir die operateur die vryheid om vinnig van een gewas na ’n ander oor te skakel. Die skerms kan perfek aangepas word by die spesifieke grootte van die gewas wat verwerk word.
Hierdie kombinasie van hoëfrekwensievibrasie en die uitruilbare skerm-aspek laat toe dat Union se hoëfrekwensieskerm ’n hoë mate van skeidings-effektiwiteit behaal, wat die eindprodukkwaliteit en die verwerkingskapasiteit drasties verhoog.
Groot Kapasiteit vir Moderne Voorsienings Kettings
Een van die mees indrukwekkende kenmerke van Union Engineering se hoëfrekwensieskerms is die uiters hoë verwerkingskapasiteit. Hierdie kapasiteit is ontwerp om groot hoeveelhede gewasse te hanteer met minimale stilstand, wat dit ideaal maak vir boerdery of operateurs en silo’s regdeur Suid-Afrika en verder.
Twee standaard modelle wat beskikbaar is sluit in:
- Union 1812 HFVS – ’n skerm met ’n groot werkarea van ongeveer 7 m², wat tot en met ‘n 100 ton per uur kan verwerk, ideaal vir grootskaalse mielie-, sonneblom- of soja-operasies.
- Union 1212 HFVS – ’n medium-grootte model met binne skermarea van ongeveer 4 m², wat steeds tot en met 50 ton per uur se kapasiteit bied en geskik is vir middelgrootte boerderye of verwerkings punte.
Hierdie hoë-produksie-vlak beteken dat jy meer kilogramme per uur kan verwerk as tradisionele of laag-frekwensie skerms — wat die tyd en arbeid wat aan skoonmaak en skeiding bestee word dramaties verminder. Hierdie vermoë het besonders waarde vir boerderye tydens oes-seisoene.

Hoë Effektiwiteit: Skoonheid en Gereedheid vir Gradering
Waar Union se hoë-frekwensie skerms regtig uitblink, is in hul effektiwiteit van skeiding en gewas-verbetering. Deur die gewasse ‘n lading te gee met vibrasie, word fyn deeltjies soos stof, doppe, plantreste en ander onsuiwerhede vinnig geskei van die primêre gewasse.
Hierdie proses help boere om:
- Hoër-kwaliteit gewasse te lewer — belangrik vir mark graderings en beter opbrengs op verkoopspryse.
- Vuil en ongewenste deeltjies te verwyder — wat nie net gewasse verbeter nie, maar ook bergingskwaliteit verhoog en risiko van bederf verlaag.
- Gereedheidsverwerking vir mark en uitvoer — sny ekstra hantering en ekstra skoonmaakwerk in die toekoms uit.
Modulêre en Praktiese Voordele
Union Engineering bou hul hoëfrekwensieskerms met ’n duidelike fokus op praktiese bruikbaarheid en modulêre kapasiteit. Die feit dat die panele maklik vervang kan word en dat die skerms aangepas kan word vir verskillende toepassings, beteken dat minder tyd spandeer word aan opstel en meer tyd vir gewas verwerking.
Hierdie ontwerp filosofie beteken vir boere:
- Minimum stilstand tyd — vir skoonmaak en verandering/uitruil van skerms.
- Lae bedryfskoste — Union se hoë-frekwensie skerm is bekend vir lae elektrisiteitsverbruik en eenvoudige instandhouding.
- Aanpasbaarheid tot mobiele installasies — jy kan die skerms naby die oeswerk plaas, of dit integreer in ‘n bestaande produksie aanleg op die plaas.
Wat Behels die Sirkelvormige, Staaf-, Reghoek-, Vierkant- en Draad Openings?
Wanneer ’n hoë-frekwensie skerm ontwerp word, is een van die belangrike faktore die vorm van die openings in die skerm, want dit beïnvloed hoe materiaal deur die skerm val en hoe effektief die skeiding gebeur. Union Engineering se hoë-frekwensie skerms kan gebruik word met verskillende skerm vorms wat elk unieke voordele bied, afhangend van die tipe gewasse en gewenste grootte-skeiding.
Sirkelvormige openings verwys na ronde gate in die skerm-paneel wat gewoonlik goed werk vir materiale waar die vorm en grootte van deeltjies minder variasie het. Ronde openings kan help om blaai-effek en blokkering te verminder en bied dikwels ’n langer lewensduur omdat die spanning gelykmatig versprei word. Staafvormige opening is parallelle, langwerpige gleuwe wat veral goed is vir groter deeltjies en het ‘n hoër kapasiteit, aangesien hulle ’n groter oop oppervlakte skep wat vinniger vloei en skeiding kan laat plaasvind.
Reghoek en Vierkantige openings is ‘n baie algemene keuses vir skerms. Vierkantige openinge is die standaard in baie toepassings omdat dit ’n gebalanseerde verhouding tussen kapasiteit en skeiding akkuraatheid bied. Reghoekige openings, waar die lengte en breedte van die opening verskil, kan gemik wees op verhoogde kapasiteit (as die langkant in die rigting van vloei is) of verbeterde fyn skeiding (as die korter kant in die vloei-rigting gebruik word). Beide vorms kan aangepas word om spesifieke deursnee-doelwitte te bereik, gebaseer op die gewas en die gewenste finale grootte.
Draad-skerms gebruik webbe van staal- of draadmateriaal wat in verskillende patrone geweef is. Hierdie tipe skerm bied gewoonlik die grootste oop oppervlakte, wat help om blokkasie te verminder, hoë vloei en koste-effektiewe werking te verseker — veral in toepassings waar stof, fyn deeltjies of hoë deurslaggewende kapasiteit benodig word. Hierdie draad-skerm kan maklik aangepas of vervang word volgens die spesifieke skerm profiel wat benodig word vir mielies, sojabone, sonneblom of ander graansoorte.





Betroubare, Hoë-Kapasiteit Oplossings vir Gewas verwerking
Union Engineering se hoë-frekwensie skerms staan uit vir hulle betroubaarheid, hoë-volume verwerking en kostedoeltreffende oplossings. Hierdie is vir die moderne boer wat gewas verwerking, skoonmaak en graderingskapasiteit na ’n hoër vlak wil neem. Met die vermoë om tot en met ‘n 100 ton graan per uur te verwerk, plus die voordeel van hoë-effektiwiteit skeiding, het hierdie hoë-frekwensie skerm bewys dat dit nie net ‘n opsies is nie — dit is noodsaaklik vir winsgewendheid, kwaliteit en produktiwiteit.
As jy op soek is na ‘n skerm wat hoë kapasiteit en optimale effektiwiteit lewer, bly Union Engineering se hoë-frekwensie skerms een van die enigste keuses op die plaas- en die verwerkingspuntmark.
Kontakbesonderhede van Union Engineering
Tel: 051 448 1100
Mobiele (Sales & Marketing): 079 813 1780
Adres: 5 Maroela Street, Old East End, Bloemfontein, 9301, Suid-Afrika
Webwerf: https://unionengineering.co.za/











