Die Belang van Voeding in die Veebedryf
Voordat ons die vraag kan beantwoord oor hoekom voeding uiters

Voordat ons die vraag kan beantwoord oor
hoekom voeding uiters belangrik is in die
veeberdyf, moet ons die deurslaggewende
belang van vee in die groter Suid-Afrikaanse
landboubedryf vasstel. Diere vorm ‘n groot
deel van baie mense se lewensbestaan, en
voorsien hulle van óf ‘n bron van inkomste,
óf direk van voedsel en ander hulpbronne
wat nodig is vir oorlewing. In hierdie semidroë
land en ander soortgelykes is die
produksie van gewasse alleen grootliks
onvoldoende om te verseker dat die
konstant-groeiende menslike bevolking
gevoed kan word.










