Die Boerbok: Vriend of vyand in die aanhoudende stryd teen bos indringing
Bosindringing… Vir enige boer wat ooit sy bestaan gemaak het

Bosindringing… Vir enige boer wat ooit sy bestaan
gemaak het van weidende diere, het hierdie woorde
‘n baie duidelike en onverhulde betekenis: afnemende
weidingskapasiteit, hoër voerinsette en laer wins.
Hierdie berugte ekologiese proses behels ‘n skuif van
gras-gedomineerde plantasie na beboste plantasie, wat
uiteindelik die weidingskapasiteit tot so ‘n mate laat daal
dat ‘n vorige ekonomiese, lewensvatbare, lewendehaweeiendom
nie meer haalbaar is nie. Dit bedreig dus nie
net die lewensonderhoud van die boer nie, maar stel ook
voedselsekuriteit en die bestaan van die grasland-bioom
op ‘n groter skaal in gevaar.










