Die Bydrae van Fase C toetstings tot die effektiwiteit van beesvleis produksie
Met die voortdurende en toenemende uitdagings wat bees-boere in die

Met die voortdurende en toenemende uitdagings wat
bees-boere in die gesig staar, is die klem op effektiewe
vleis produksie groter as ooit tevore. Stygende insetkostes
en die groeiende druk om meer vleis met minder bronne
te produseer noodsaak telers en produsente om maniere
te identifiseer wat groei optimaliseer en kostes beperk.
Effektiwiteit is die produk van beide verbeterde genetika
en verbeterde bestuur; twee faktore wat slegs bereikbaar
is deur observasie, meting en rekordhouding. Hierdie is die
faktore wat in ag geneem word deur die Suid-Afrikaanse
Nasional Vleisbees-Verbeterings Skema










