Die majesteit van die Limousin
Elke boer droom van 'n dier wat hom meer kan

Elke boer droom van 'n dier wat hom meer kan gee; hy droom van 'n ras wat meer by die abattoir en meer vir die verbruiker sal bied. Maar waarheen kan 'n boer gaan om 'n ras soos hierdie te vind - 'n ras wat meer met minder kan produseer, sonder om op gehalte en uitnemendheid in te boet? Sommige sal redeneer dat jy vêr oor die waters, al die pad in Europa sal moet reis, na 'n klein streek in Frankryk met die naam van Limousin...










