Die Verskil aan die Dormer Skaapras
Alhoewel daar skapboere in al nege van Suid-Afrika se provinsies

Alhoewel daar skapboere in al nege van Suid-Afrika se provinsies voorkom, is die meerderheid in die droeër streke van die land gekonsentreer, spesifiek die Karoo en die laer reenval areas van die Wes-Kaap. Hierdie semi-woestyngebiede val dikwels in winterreënvalstreke, wat strawwe produksietoestande met baie uitdagings tot gevolg het. Hierdie uitdagings het as basis gedien vir die ontwikkeling van die Dormer-skaap; 'n ras met die potensiaal om slaglammers soos geen ander te produseer.










