Die vleis koning doen dit weer!
Die Ile de France lamkarkasse behaal ongelooflike uitslae by die



Die Ile de France lamkarkasse behaal ongelooflike uitslae by die SA Karkas kampioenskappe 2023.
Die SAFJA puntestelsel werk as volg:
40% Vet verspreiding
40% Konformasie
10% Gewig
5% Uitslag persentasie
5% Visuele telling

Ile de France sowel as Ile de France kruis lammers oorheers die 2023 Nasionale Karkas Kampioenskappe met die volgende uitslae:
SA kampioen enkel lamkarkas word verower deur ‘n Ile de France karkas.
SA tweede reserwe enkel lamkarkas word verower deur Ile de France kruis Dorper karkas.
SA kampioen groep van 4 karkasse word verower deur Ile de France kruis Dorper karkasse.
SA reserwe groep van 4 karkasse word verower deur Ile de France lamkarkasse.
Dit wil gedoen wees!
Die ras beskik nie net oor van die beste karkasse nie maar ook besonderse vleiskwaliteit, met hoë vleis teenoor been verhouding en ongelooflike goeie marmering tussen die vleis – vandaar dan die besonderse smaak.
Kom jy by enige van die volgende karkas kompetisies vanaf Royal, Alfa, Kragdag, Standerton, Bielie Mielie, Vryburg, Delareyville, tot in die Kaap by Moorreesburg skou, word daar gegons oor die ras se karkas en voorkoms. Selfs die kruislammers, met Ile de France as vaar, doen uitstekend by hierdie kompetisies.
Klink my die ras is nie net die vleis koning nie, maar ook die koning van kruisteling.

Baie geluk aan die Suid Afrikaanse vleis koning, soos hy bekend staan in die skaap geledere, mens kan verseker sien hoekom. Word daar gepraat van die Ile de France skaap, loop dit hand aan hand met karkas en vleis kwaliteit, soos hulle sê “as jy hom een keer geproe het, eet jy nie sommer weer iets anders.”










