Dis Vuur, dis vlam, dis trots. Dis Droughtmaster Suid Afrika
Die geskiedenis van die trotse Droughtmaster is menigmale al vertel;

Die geskiedenis van die trotse
Droughtmaster is menigmale al vertel;
ons almal ken die storie van hoe ‘n Suid-
Afrikaanse boer se besoek aan Australië
byna revolutionêr was vir die beesvleis
genetika van Suider-Afrika. “As daar na die
toekomsvisie van die rooivleisbedryf regoor
die wêreld gekyk word, raak dit duidelik
dat hierdie bedryf slegs winsgewend sal
kan voortbestaan indien produsente by die
veranderende uitdagings en omstandighede
aanpas”










