Funksies van verskillende Deklaaggewasse vir die winter seisoen
In die vorige artikel het ons gefokus op die belangrikheid

In die vorige artikel het ons gefokus op die belangrikheid
van herlewingslandbou, spesifiek deklaag bewerking,
in die bevordering van gesonde gronde en volhoubare
gewasproduksie. Dit bespreek die potensiële voordele van
deklaaggewasse, insluitend die voorkoms van voordelige
insekte en die verminderde risiko van gewas siektes. Dit
benadruk ook die belangrikheid van die toepassing van
basiese beginsels deur spesifieke praktyke toe te pas, soos
die diversifisering van plantspesies, die minimalisering
van aggressiewe grondbewerking en die sorgvuldige
beplanning en bestuur van gewasse.










