Jumardi Santa Stoet - Tweede Produksieveiling op 5 September 2024
Op 5 September 2024 kry beesboere die geleentheid om


Op 5 September 2024 kry beesboere die geleentheid om uitsonderlike Santa Gertrudis-diere by Jumardi Santa Stoet se tweede produksieveiling te bekom. Die veiling vind plaas om 11:00 op die plaas Rondebult, net buite Sannieshof in Noordwes.
Jumardi Santa Stoet het sy oorsprong in 2012, toe Marius - die stigter van die stoet - op Nampo rondgeloop het. Hy was op soek na 'n beesras wat vinnige groei, uitstekende speenkalwers lewer, hoë vrugbaarheid het, en aanpasbaarheid vir Suid-Afrikaanse veldtoestande kon bied. Dit is hier waar die Santa Gertrudis sy oog gevang het, en na deeglike navorsing en vele rondlopery op Nampo, het sy keuse op dié beesras geval, en Jumardi Santas het ontstaan.

Van die begin af het Jumardi Santa Stoet gefokus op vrugbaarheid, melkproduksie, gehardheid en aangepasheid as kern-eienskappe in hul teelprogram. Die stoet het sy genetiese basis gelê deur die aankoop van topdiere by vooraanstaande telers, insluitend uitstekende genetika van Hurwitz-Farming. Hierdie genetiese fondament het Jumardi Santas in staat gestel om 'n kudde van uitsonderlike gehalte op te bou.
'n Hoogtepunt in die stoet se geskiedenis was die prestasie van die bul "Product," wat in Suid-Afrika die kompetisie vir voeromsetting gewen het en daardie selfde jaar ook as wêreldkampioen gekroon is. Hierdie prestasie het die stoet se reputasie as 'n bron van uitmuntende genetika versterk.
By die veiling op 5 September 2024 sal daar 20 van Jumardi Santas se top bulle - asook verskeie verse en jong koeie - beskikbaar wees om te koop. Hierdie diere is die toppresteerders van die stoet, en is die resultaat van 'n teëlprogram wat daarop gemik is om diere te lewer wat in beide stoet- en kommersiële kuddes kan presteer. Jumardi Santas het 'n sterk fokus op die teel van diere wat nie net indrukwekkende konformasie het nie, maar ook praktiese eienskappe soos gehardheid en goeie melkproduksie, wat van groot waarde is vir kommersiële boere. Om seker te maak dat hul bulle ook in kommersiële toestande presteer, het hulle selfs 'n eie kommersiële kudde om die resultate te toets.


Die veiling sal ook aangevul word deur twee gerespekteerde gasverkopers, Sandra van Vuuren van DS Doringkom Santas en Riaan Lubbe van die buurplaas. Hierdie toevoeging verbreed die keuse vir kopers en verseker dat daar iets beskikbaar is vir elke tipe boer, of jy nou jou kommersiële kudde wil versterk of op soek is na 'n kampioenbul vir jou stoet.
Vir beesboere wat op soek is na die beste beskikbare Santa genetika, is hierdie veiling 'n gebeurtenis wat nie misgeloop moet word nie. Jumardi Santa Stoet het hulself gevestig as 'n leier in die teel van Santa Gertrudis, en die diere wat op hierdie veiling beskikbaar sal wees, weerspieël jare se harde werk, toewyding en kundigheid.
Sorg dat jy op 5 September 2024 by Rondebult is om deel te wees van hierdie merkwaardige gebeurtenis in die stoetbedryf.










