'n Ware Suid-Afrikaanse Skat: Die Boerboel
Die oorsprong van die boerboel is lank gehul in misterie,

Die oorsprong van die boerboel is lank gehul in misterie, met vroeë rekords wat hul eenvoudig beskryf as: ” ’n plaas hond van onbekende oorsprong”. Daar word egter gevind dat as ons dieper in die geskiedenis en verhale van die wêreld delf, ons ‘n duideliker prentjie van waar die ongelooflike diere ontstaan kry. Die eerste spore van groot honde wat gebruik word vir jag kan gevind word so vêr as die 7 de eeu in antieke Sirië. Twee Assiriese Konings, Asarhaddon en Ashurbani-pal, was bekend vir die groot honde wat perde en leeus gejag het. Die muurskilderye in die Siriese kamers in die Briste Museum in Londen, beeld die honde as nog grootter en swaarder uit as die groot hond rasse waarmee ons vandag bekend is.










