Opwinding vir Grootpan
20 jaar terug het Kobus en Andre du Preez van

20 jaar terug het Kobus en Andre du
Preez van Grootpan besluit om finaal
uit te vind wie die beste stroper het.
Andre het ‘n Case stroper gehad, en
Kobus ‘n John Deere stroper. Vriende
en Familie is genooi om die “wen
akker braai” te kom bywoon en te
kom kyk hoe die twee broers
kompeteer. So het die stroper resies
gegroei tot waar dit vandag is, met
boere in die omgewing wat dit ag as
‘n “klein Nampo”.










