Presisie vir die Toekoms: Hervorm Boerdery
3 min read|
⏳ 2-3 min - Estimated read time In ’n tyd

In ’n tyd waar landbou-uitdagings daagliks toeneem – van wis- selvallige klimaatstoestande tot stygende insetkoste – word presisieboerdery al hoe belangriker. Moderne produsente kan dit nie meer bekostig om saad en kunsmis te mors of onnou- keurige plantmetodes te gebruik nie. Dit is hier waar HORSCH, met sy wêreldklasimplemente, ’n kritieke rol speel.
By TerraTill Implemente is ons trots daarop om HORSCH se gevorderde tegnologie na Suid-Afrikaanse produsente te bring. Met ’n sterk fokus op presisie, doeltreffendheid en grondgesond- heid, help HORSCH-implemente produsente om volhoubaar en winsgewend te boer.
HORSCH Maestro: akkuraatheid in aksie
Die HORSCH Maestro-planter is ’n toonbeeld van presisie. Hierdie planter is ontwerp vir maksimum akkuraatheid, ongeag die grond- toestande. Sy gevorderde winddrukstelsel verseker dat elke saadjie op die regte diepte en teen die regte spasiëring geplaas word. Dit beteken meer eenvormige ontkieming, beter wortelontwikkeling en ’n hoër opbrengs – iets wat elke graanprodusent nastreef.
’n Verdere voordeel van die Maestro is sy veelsydigheid. Dit kan met verskeie rywydtes en verskillende gewasse gebruik word, wat dit ’n uitstekende belegging vir enige boerdery maak.

’n Nuwe dimensie: die tandaanhegsel vir 2025
HORSCH bly nie net by bestaande tegnologie nie – hulle ontwikkel voortdurend nuwe innovasies om produsente se werk makliker en meer doeltreffend te maak. In 2025 sal ’n nuwe tandaanhegsel vir die Maestro-reeks in Suid-Afrika beskikbaar wees.
Hierdie tandstelsel maak dit moontlik om suksesvol te plant in grond met hoër residue – iets wat veral nuttig is vir produsente wat in bewaringslandbou belangstel. Die ontwerp help om kompaksie te verminder en verbeter grondbewerking sonder om plantpresisie in te boet. Dit beteken dat produsente die voordele van beide ’n tand- en skyfplanter in een implement kan kry.
TerraTill en HORSCH: vennootskap vir sukses
TerraTill is meer as net ’n verskaffer van landbou-implemente – ons werk hand aan hand met produsente om die regte oplossings vir hul spesifieke behoeftes te vind. Ons verstaan dat presisie nie net oor tegnologie gaan nie, maar ook oor die regte ondersteuning en kundigheid.
Ons bied demonstrasies en opleiding om seker te maak produsente kry die beste uit hul toerusting; plaasbesoeke en tegniese advies om ’n implement presies vir die produsent se grond- toestande te optimaliseer; asook onderdele en diensondersteuning sodat hul HORSCH-toerusting altyd ten beste presteer.

Die toekoms begin vandag
Met HORSCH se baanbrekertegnologie en TerraTill se ondersteuning, kan produsente regmaak vir ’n meer produktiewe en volhoubare toekoms. As jy jou boerdery se presisie na die volgende vlak wil neem, kontak TerraTill Implemente van- dag nog en vind uit hoe HORSCH se innovasies jou produksie kan verbeter.
Article by: Charl Eloff, TerraTill Implemente
Saai presisie. Oes sukses.











