ROCMASTER: Die sameloop van jare se teling
Vyf-en-twintig jaar se teling, tiental vlugte na beestelers van reg

Vyf-en-twintig jaar se teling, tiental vlugte
na beestelers van reg oor die wêreld,
menige besoeke aan Suid-Afrikaanse telers
en ‘n onblusbare passie vir teling is wat die
deurslag gegee het vir my om ‘n jare-lange
doelwit eindelaas te bereik. Hierdie doelwit
was nie net om die ideale bees aan telers
voor te stel nie, maar ook om die kriteria
waaraan so ‘n dier moet voldoen, vas te stel
en oor te dra.










