Sakeliga Kragdag 2023: Kom ons bou 'n Kragstasie
As jy moeg is vir die voortdurende onderbrekings van beurtkrag

As jy moeg is vir die voortdurende onderbrekings
van beurtkrag asook ander probleme in Suid-Afrika,
en soek na maniere om onafhanklik te word, dan is
Sakeliga KragDag 2023 'n moet-besoek. Die ekspo
vind plaas van 9-12 Augustus 2023 op Diamantvallei
Landgoed, slegs 20km oos van Pretoria. KragDag is
die grootste alternatiewe energie en selfstandigheid
ekspo in die land, met meer as 600 ondernemings
wat hierdie jaar deelneem.










